Cover of BPJ Erasmus: Op Pad in Suid-Afrika

BPJ Erasmus Op Pad in Suid-Afrika

Verken Suid-Afrika streek vir streek

Price for Eshop: 306 Kč (€ 12.2)

VAT 0% included

New

E-book delivered electronically online

E-Book information

Jonathan Ball Publishers

2014

PDF
How do I buy e-book?

300

978-1-920289-81-2

1-920289-81-X

Annotation

Suid-Afrika se ontsaglike diversiteit - van Pofadder, eMkhuze en Haenertsburg tot Cookhouse, Klipplaat, Maokeng en Taung -is wat mens besiel om die pad te vat en die land te verken. Hierdie volledig hersiene en bygewerkte uitgawe van Op Pad in Suid-Afrika het 'n vars, kontemporere voorkoms, maar bevat al die kenmerke wat dit so 'n klassieke werk maak. Die vorige twee uitgawes het 'n spesiale plek in die harte van Suid-Afrikaners, en dit is maklik om te sien waarom: geen ander reisgids op die mark bied sulke omvattende en diepgaande inligting oor die dorpies, dorpe en stede van hierdie land nie, en ook nie oor die interessante en insiggewende stories wat hulle vertel nie.Die 37 hoofstukke is in 'n logiese volgorde gerangskik wat by Kaapstad begin en daarvandaan uitkring. Elke hoofstuk handel oor 'n gevestigde en samehangende geografiese of demografiese gebied. Duidelike, gedetailleerde streekkaarte met bygewerkte plekname is ingesluit en word aangevul deur roete-aanwysings in die teks. Die boek bied iets vir almal - of dit die lieflike groen valleie van die Kaapse hinterland, die uitgestrekte vlaktes van die Karoo, die kulturele en skilderagtige diversiteit van die Tuinroete en Wildekus, die geskiedkundige slagvelde van KwaZulu-Natal, die wildryke Laeveld of die natuurwonders van die Bosveld is wat jou lok. Met die nuut hersiene en bygewerkte teks en meer as 500 foto's bevat Op Pad in Suid-Afrika 'n verstommende rykdom inligting, wat dit die perfekte reisbeplanner en reisgenoot maak.

Ask question

You can ask us about this book and we'll send an answer to your e-mail.