Cover of Harald Pakendorf: Stroomop

Harald Pakendorf Stroomop

Herinneringe van 'n koerantman in die aprtheidsera

Price for Eshop: 256 Kč (€ 10.2)

VAT 0% included

New

E-book delivered electronically online

E-Book information

Penguin Random House South Africa

2018

EPub
How do I buy e-book?

256

978-1-77609-118-8

1-77609-118-3

Annotation

Wat gaan deur 'n koerantredakteur se kop as 'n woedende John Vorster hom vroegoggend bel oor kritiese beriggewing? Hoe hanteer hy dit wanneer 'n kabinetsminister een van sy verslaggewers met die vuiste wil bydam? Of as 'n groep regse belhamels 'n politieke nuushond teer en veer? Hoe kry 'n Afrikaanse koerant dit reg om tydens die apartheidsjare volledig oor ANC-beleidstandpunte te rapporteer sonder dat die veiligheidspolisie se sensors ingryp? Harald Pakendorf beantwoord die vrae, en nog vele meer, in sy herinneringstog deur 'n onstuimige tydperk van Suid-Afrika se geskiedenis. Die grootkoppe van apartheid kon hierdie "liberale" redakteur van Oggendblad (1972-1979) en Die Vaderland (1980-1986) met moeite voor hulle oe verdra. Jare nadat Pakendorf John Vorster en P.W. Botha se woedebuie moes trotseer, het hy deur deel te neem aan gesprekke met die ANC - toe nog verban - gehelp om die weg te baan vir 'n demokratiese Suid-Afrika. Vandag sal lesers hul koppe in ongeloof skud oor die scenario's wat tydens apartheid se hoogbloei in die voorkamers van politieke mag afgespeel het. Maar vir die politieke base van destyds was Harald Pakendorf sy tyd ver vooruit. So ver dat hulle hom sonder meer uit sy redakteurstoel verwyder het. 'n Fassinerende, persoonlike terugblik wat sal boei

Ask question

You can ask us about this book and we'll send an answer to your e-mail.